Detoxing along the Duoro/Duoro-genade

Die roete neem ons dieper die valleie in, hoër en hoër. Ons stop kort-kort om die grootsheid en die wydheid te peil. Die terasse van onder tot bo, die olyfboorde tussen in. Die kronkelende rivier. Portugal begin te laat vir ons ‘n ander betekenis te kry.

The Alentejo: Plains, fortresses and poetry/Vlaktes, vestings en verse

Portugal is lig en skaduwee. Mooi en lelik. Goed en sleg vir ons. Dit het ons heen en weer gegooi en daar was tye wat ons die rit net wou kortknip en teruggaan Spanje toe. Gelukkig het ons deurgedruk en uiteindelik is ons ryklik beloon toe ons later, heel later, ‘n hemelagtigheid met al sy klowe en poorte ingaan.