Guggenheim, Bilbao

Ons het ure en ure rondgewaal, na ander uitstallings gekyk, maar die heel tyd onder die indruk van die binneruimtes om jou gebly, en die wete dat die gebou self ‘n kunswerk is.
Ons is weer vroegaand terug. Die gebou in ‘n heel ander bui. Donker. Dan sien jy ander vlakke, ander kleure teen die aandwolke. Ons draal en draal. Brug op. Brug af. Tappe op. Trappe af. Stap om die hele kompleks. Sien hoe die son sak oor die rivier. Die vis. Die triomfantelike seilskip. En dis net jou belewenis wat helder brand.